Page archived courtesy of the Geocities Archive Project https://www.geocitiesarchive.org
Please help us spread the word by liking or sharing the Facebook link below :-)


Armoria familia
http://uk.geocities.com/barensteel
Familiewapens in Suid-Afrika

Familiewapens, wapenkunde en heroute

deur Mike Oettle

Koning Joo II / Oettle-wapen

HET julle n familiewapen? is n vraag wat dikwels uit snobistiese trots (of afguns) gevra word. In Engels word die vraag gestel: Do you have a family crest? Altwee vrae toon n mate van onkunde.

Aan die een hand, is dit n ope vraag of n mens werklik kan praat van n heraldiese wapen wat die eiendom is van n hele familie, veral as n mens n wapen in gedagte het wat spruit uit die Britse Eilande of uit die aristokrasie van die Europese Vasteland.

En aan die ander hand is die Engelse gebruik van die woord crest om n volwaardige simbool bestaande uit skild ensovoorts te beskryf, n misverstand.
Drummond se helmteken Drummond in sy oorkleed (coat of arms)

Die sogenaamde crest is eintlik die helmteken di deel van die embleem wat heel bo sit. Alhoewel dit alln gebruik kn word as aanduiding van die eienaar se eiendom of invloed, bestaan dit in werklikheid bloot as deel van n integrale geheel. (Om te sien hoe die helmteken as deel van daardie geheel voorkom, kyk hierdie bladsy.) In sommige wapens, veral di van Franse herkoms, kom n helmteken dikwels glad nie voor nie.

Hierdie verkeerdelike gebruik van die woord crest spruit uit n praktyk wat voorkom in boeke soos di van Debrett of Burke wat die wapengeregtigde families van Brittanje lys. Waar n familie besonder groot en invloedryk is, is dit die gebruik om n minder belangrike tak daarvan aan te dui met, in plaas van die volle wapen, bloot die helmteken. Hiervandaan kom die gedagte dan dat dit moontlik is om n helmteken sonder die res van n wapen te h, of selfs dat crest n woord is wat die hele wapen aandui.
Drummond se skild die berede ridder Drummond

Die essensile deel van n heraldiese wapen is die skild, die wapenfigure daarop en die kleure waarin dit voorkom. Die skilddevies kom dan ook voor op die ridder se oorkleed (Engels: surcoat daarvandaan die Engelse uitdrukking coat of arms) sowel as op sy perdekombers en sy banier.

Heraldiese deviese dit wil s, embleme van bepaalde kleure en n bepaalde fatsoen wat vir militre en persoonlike identifikasie gebruik is, wat van vader tot seun oorgegaan het, en wat uniek was tot die indiwidu binne n spesifieke ryk of landstreek kan teruggevoer word tot n groep families in Vlaandere en nabygele lande, afstammelinge van Karel die Grote, wat teen die tyd van Willem van Normandi[1] se inval in Engeland reeds in gebruik was.

Enkele lede van hierdie families het deel gevorm van Willem se ler wat, alhoewel dit grotendeels Normandies was, ook Vlaminge, Bretonne en ander onderdane van die koning van Frankryk ingesluit het.

Deur die vestiging van hierdie Normandirs as groot grondeienaars dwarsdeur Engeland en in dele van Wallis, Skotland en Ierland, en hul verrysing as n afsonderlike klas in wat nou feodale Engeland geword het, het die gebruik van heraldiese deviese veralgemeen onder die here van Brittanje. Omdat hierdie Normandiese families steeds met hul met hul familiebetrekkinge op die Vasteland kontak gehou het, het herouterie ook na ander state versprei: eerstens na Frankryk en Duitsland (die Heilige Romeinse Ryk), en later na Itali en Spanje. Teen die tyd tussen die Eerste en Tweede Kruistogte (die vroe 12de eeu), was heraldiese wapens feitlik universeel in gebruik onder ridderlike families in hierdie lande en in die koninkryk Jerusalem.

Sulke wapens is op verskeie maniere vertoon, maar veral in die lakseldevies, wat dikwels n gepantserde ridder getoon het, of van hierdie vorm gestileer geword het, en essensiel n helm met sy helmteken getoon het, en daaronder n skild wat soms regop was, maar ook soms skuins gehang het (soos op die arm van 'n ridder wat ry en nie veg nie).

Die besit van so n wapen was n kenmerk van lidmaatskap tot die krygerklas en aanspraak op ridderskap, selfs as jy so arm was dat jy skaars swaard, wapenrusting en perd kon bekostig, of om as ridder oorlog toe te gaan beteken het dat jy finansile steun moes trek van soveel as sewe ander grondhouers (soos wat soms in Engeland voorgekom het). In Duitsland was sulke arm ridders dikwels as onvry getel. Die ridder was ook n offisier, van wie dit verwag is (ten minste in Engeland) om sy eie manskappe saam te bring, en om hulle van uitrusting en wapens te voorsien.

In die eeue wat daarop gevolg het, het heraldiese praktyke in die lande van Europa ontstaan wat heel uiteenlopend was. In die Ryk (wat Nederland, Belgi, Switserland, Oostenryk, Boheme en die noord-oostelike dele van die huidige Frankryk ingesluit het, asook in sy vroe stadiums noord-Itali en die suide van Frankryk) het die aristokrasie hoogs eksklusief geword, en het huwelike tussen families van koninklike, prinslike of hertoglike rang en die middel-adel van markgrawe, grawe en burggrawe verbied, asook tussen die graaflike stand en die benede-adel van baronne en ridders. Duitse grawe veral het ook n neiging getoon om hulself na hor rang te bevorder, en het dikwels hul graafskappe omskep in vorsdomme (Frstentme) of hertogdomme. (Vir meer inligting oor die struktuur van die Duitse adel, kliek hier.)

Die voer van n wapen is gekoppel aan die bloedige kunsvorm van die toernooi, waar ridders wat aan hierdie krygersport wou deelneem eers hul harnas, skild en helm voor die aanvang van die spele ten toon moes stel. Enigiemand wat onwaardig geag is (sy dit nou as gevolg van onegtheid, immoraliteit of nie-adellike herkoms) is uitgewerp. Veral helmtekens het hoogs swierig geword.
wapen van die stad Nuremberg

Maar terselfdertyd het stede heraldiese deviese begin gebruik. Dikwels het n keiserlike vrye stad die keiserlike wapen getoon (as teken van hulle direkte onderdanigheid aan die Keiser, sonder enige ander heer), met of sonder n plaaslike simbool bygevoeg, maar so n stad sou ook dikwels sy eie wapen begin voer.
wapen van die stad Lausanne (17de eeu)

Nuremberg het altwee: twee aparte skilde, een met n imperiale halfarend, wat dui op direkte onderdanigheid aan die keiser (Reichsunmittelbarkeit), en een wat lank n harpy[2] getoon het; die twee verskyn langs mekaar, skuins na mekaar leunend. In stede wat later deel geword het van Switserland, sou die stad dikwels twee skilde van sy eie wapen, met n derde skild van die Ryk bo-aan (soos in die wapen van Lausanne regs), vertoon. Selfs nadat hulle by Switserland aangesluit het, het hulle voorts die keiserlike wapen gevoer, maar in die 19de eeu het die Switserse kruis die keiserlike adelaar vervang (soos in die wapen van Zrich links onder, waar die twee skilde onder, spielbeelde van mekaar is).
wapen van die stad Zrich

Die Switserse kruis het laat die heraldiek ingekom: dit het in die vroe 19de eeu n oorlogsvaandel geword, daarna n nasionale vlag en eers daarna n landswapen.

Om weer na die Middeleeue te kyk: burgers alhoewel hulle in die begin verbied is om so te maak het begin om hulle eie familiewapens te voer. Ten spyte van adellike afkeuring, is hierdie brgerliche Wappen nie verbied nie. Tog is rels ingebring (wat dikwels heel kleinlik was) om adellike wapens van di van burgerlikes te onderskei.

Selfs vandag is adellike wapens onder streng beheer in die lande wat destyds deel was van die Ryk, terwyl burgerlike wapens onbeheerd is.
Lord Lyon (Skotse wapenkoning)

In Skotland en Ierland het die gees van die klan die oorhand gekry, en die wapenkonings, of hoof-heraldici Lord Lyon King of Arms vir Skotland, Ulster King of Arms vir Ierland[3] het alles moontlik gedoen om te verseker dat terwyl elke indiwiduele wapengeregtige n devies besit het wat onderskeidbaar was van elke ander in die land, is here wat aan dieselfde klan behoort het, of met dieselfde naam, wapens gegee wat ooreenkomste met mekaar toon, sodat hulle as naamgenote gedentifiseer kon word.
College of Arms

Dit is in der waarheid nie meer nodig om jou as heer te bewys nie indien jy n wapen wil voer wat afgelei is van di wat n voorouer gevoer het, is dit slegs nodig om te bewys dat jy van hom afgestam is. Al wat gevra word voordat n wapen verleen word, is dat die gelde betaal word, en dat die aansoeker eerbaar moet wees. (Die gelde betaalbaar aan Lord Lyon is goedkoper as di wat deur die College of Arms in Londen gevra word, want Lord Lyon is n staatsamptenaar, terwyl die offisiere van die Heraldekollege lede is van die koninklike huishouding, wat nie salarisse betaal word nie.)

Maar in Engeland of Wallis is die feit dat jy die naam van n wapengeregtigde dra, geen waarborg dat jy n wapen mag kry wat enigsins soos syne lyk nie. Die heroute verseker dat elke nuwe verlening uniek is, en enigiemand wat die wapen van n beroemde familielid wil voer, moet eers bewys dat hy van vader tot seun afgestam is van die eerste aan wie dit verleen is of, in die geval van n baie ou wapen, van die vroegste voerder daarvan.

En weereens, behalwe as jy jou as erfopvolger kan bewys, word die wapen vir elke nuwe voerder gewysig (op Engels, differenced). Dit word nie altyd in die voorafgenoemde gidse (Debretts en Burkes) duidelik gestel dat sulke breuke nodig is nie, en mindere takke van belangrike families word dikwels aangedui met bloot n helmteken.

In beide Britse en Vastelandse heraldiek word die gebruik van n nuwe helmteken beskou as teken van n nuwe vertakking van n familie. Tog word feitlik alle helmtekens (dikwels sonder breukmerke) deur verskeie lede van dieselfde familie gebruik iets wat nie van die skilddevies ges kan word nie.

Snobisme word veral met die heraldiek van Engeland geassosieer, omdat in die verlede die heroute die huishoudings van wapenvoerendes sou ondersoek om vas te stel of hulle wel here was die besit van of gebrek aan tafelsilwer is as beslissend geneem maar binne die geledere van di wat wapens gevoer het, bestaan daar feitlik n klasloosheid, wat grootliks ontleen is aan die gedagte dat slegs di wat titels het wat die houer regtig op n setel in die House of Lords, as ten volle edel beskou kan word: n peer of the realm of eweknie van die soewerein, en alle ander persone is nie-adellik of commoners.

(n Enger definisie van commoner is dat alle nie-lede van die koningsfamilie commoners is; selfs persone van die hoogste range van die samelewing, soos [nie-koninklike] herto en hertoginne, is dan ook commoners.)

Op die Vasteland is dit egter dikwels so dat enige lid van n getitelde familie n titel mag aanneem, en in sekere lande kom prinsetitels soms in nie-koninklike families voor.

Dit is kenmerkend van Duitse heraldiek dat die vertakkinge van n familie dikwels aangedui word deur die gebruik van verskillende helmtekens in verskillende landstreke, of die voer van anders identiese deviese van verskillende kleure.

Frankryk het n menigte naas-identiese wapens wat aan onverwante families behoort, omdat die latere konings van ancien rgime-Frankryk n belasting op wapenvoerende families gehef het, en om die wydste moontlike insameling te verseker, is feitlik enigiemand wat die belasting kon bekostig, gedwing om n wapen te voer. Die Franse heraldiek ken ook geen tradisie van die verleen van wapens nie alle wapens is bloot deur die houer aangeneem en deur n proses van verjaring aanvaar. Franse heraldiek laat dikwels helmtekens totaal uit, onafgehang daarvan of een in vroere tye gevoer is aldan nie deels omdat indiwidue wat nie adellike titels gevoer het nie, verbied is om meer as alleen die skild te vertoon.
wapen van koning Joo II van Portugal n tipiese padro

Heraldiek het eers in Suider-Afrika aan wal gekom met die oprig deur Portugese ontdekkingsreisigers van padres,[4] of klipbakens, om aan te dui dat n sekere kus deur skepe besoek is wat in diens van die koning van Portugal gevaar het. Sulke klippe het bestaan uit n pilaar met n kruis bo-aan en, net onderkant die kruis, n tablet wat die Portugese koningswapen gedra het.

Tydens die Nederlandse bewind aan die Kaap het heraldiek in algemene gebruik gekom, alhoewel dit grotendeels n soort vertoon was in privaat huise of (as rouborde)[5] wat in die Groote Kerk in Kaapstad gesien kan word. Dit was egter nie voor die tyd onder die Bataafse Republiek (1803-06) dat wapens verleen is, en dan alleenlik aan plaaslike owerhede. Onder die Britse bewind, en terwyl die Unie van Suid-Afrika n Britse dominion was, het die Heraldekollege in Londen n soort beheer uitgeoefen, maar gewoonlik net as dit versoek is.

Sedert 1963 het Suid-Afrika sy eie Staatsheraldikus (die amp word tans Nasionale Heraldikus genoem), wie hoof is van die Buro vir Heraldiek.

Enigiemand wat sy reg om n heraldiese wapen te voer, bewys het, mag dit gebruik - f die volle wapen met skild, helmteken, leuse en, waar van toepassing, skildhouers, f die skild alleen, f die helmteken, f enige aanvaarde geassosieerde embleem (soos die soort embleem wat in Nederlands een leus [meervoud leuzen] of in Engels n badge genoem word) vir identifikasiedoeleindes te gebruik ten opsigte van sy persoon of sy eiendom, of om sy huis of besigheid te versier . . . of selfs sy seiljag of vliegtuig.
Buro vir Heraldiek, Pretoria

Vroue word ook nie hiervan uitgesluit nie. Gaan na hierdie artikel om te sien hoe die status van vroue met betrekking tot die heraldiek verander het.

n Hoogs aantreklike gebruik van n wapen kan op persoonlike kleding wees, f in die vorm van n trui f op n lang romp, met die devies voor n agter.

Maar wat beteken dit vir my alles?
Miskien vra jy dan: Hoe raak dit my? Om mee te begin, as jy geen belangstelling het om n wapen te voer nie, raak dit jou nie in die minste nie behalwe, natuurlik, as jou kinders een wil voer en van jou wil weet hoekom jy niks daaraan gedoen het nie.

Nou goed, op watter wapen is ek geregtig? Dit hang van jou van af want, aangesien die gebruik uit die Middeleeue spruit, hang die stelsel af van wie jou vader was, en wie sy vader was . . . en die spesifieke rels wat van toepassing is, hang miskien af van die familie se land van oorsprong.
Oettel, Franken

Kom ons begin met die gesin Oettle, wat reeds eeue lank die wapen vertoon van die Oettel-familie van Frankenland (noord-Beiere):

In rooi n steierende eenhoring van silwer; geboog gekap van blou met sowel links as regs drie sterre van goud, 2 en 1.

In alledaagse taal beteken dit dat die skild in drie stukke gedeel is deur twee lyne (inwaarts gebuig) wat middel bo begin en afgaan na onder links en regs. Die eerste twee dele (regs bo en links bo) is blou, elk met drie sespuntige sterre wat goud of geel is, twee bo en een onder. Die derde deel is rooi met n silwer of wit eenhoring.

Erich Oettle het ten minste twee kopie daarvan in hout gesny, een n eenvoudige skildjie, die ander n groot skild met die hele wapen daarop, met sierlike dekkleed en n hoogs versierde geslote helm (n aanduiding dat dit n burgerlike wapen is) en met n halsketting om die nekpantsering. Erich se broerskind Andrew Max Theodore Oettle (Theo senior) het n kopi laat sny, asook Theodore John Oettle (Theo junior, Erich se kleinseun), wie se skild gekoppelde ringe dra, die gewone breukdevies van n aangenome seun.
Michael Eric Oettle

Dit is egter nie op hierdie stadium bevestig of die Oettles van Urbach n tak is van die Frankiese familie of nie, en die skrywer van hierdie artikel het sy eie weergawe in gebruik geneem (met n koedoe, in plaas van n eenhoring, as helmteken). Vir meer hieroor, kyk hier.
koedoe-helmteken in Oettle-wapen

Die Suid-Afrikaanse Oettle-gesin sluit ook etlike aangenome kinders in. n Aangenome kind is vry om te kies of hy die wapen dra van sy natuurlike vader se familie, of di van die vader wat hom aangeneem het. Indien die Rubin-familie n wapen het (Joodse families het soms n wapen), mag Jason Oettle besluit of hy die Rubin-wapen of di van die Oettle-gesin (met breuke) sal voer, en Tabitha sou dieselfde voer.

Die Massey-gesin van Salford en Kaapstad behoort aan die Ierse Engels-Normandiese klan, en is geregtig op die wapen van die klan-kaptein, met breuke om aan te dui waar hy in die familie inpas. Miskien sou so n wapen ooreenkomste toon met di van Charles Vincent Massey, Goewerneur-Generaal van Kanada. Maar so n wapen sou met Ulster King of Arms gematrikuleer moet word, miskien eers n pogings gedoen is om aan te toon hoe Charles William Massey afgestam is van vroere Masseys. Dit kn probleme afgee, want die gemeenteregisters van die Kerk van Ierland (die Anglikaanse kerk in Ierland wat vroer die Staatskerk was) is in Dublin gekonsolideer en daarna deur brand verwoes. Tog is dit moontlik dat duplikate van doop- en huweliksregisters in Larne gebre is.

Andrew Oettle, as erfopvolger van Charles William Massey, sou daarop geregtig word om die Massey-wapen met di van die Oettles te vierendeel. Judith sou dieselfde vierendeling voer.

Die Malan-familie in Suid-Afrika voer reeds lank die wapen van die Franse en Switserse Malans. Maar die Staatsheraldikus is van mening dat die algemene Suid-Afrikaanse gebruik om dieselfde wapen te voer as n gelyknamige familie in Europa ongegrond en onwettig is, veral in gevalle waar alle Suid-Afrikaanse lede van die familie dieselfde wapen sonder breuke voer.

Dit alles sou dit miskien laat lyk dat n heraldiese wapen buite bereik is . . . maar nie noodwendig nie. Suid-Afrika se Heraldiekwet bevestig die reg van alle burgers om heraldiese wapens te voer, en aangesien hulle so kleurvol is en sulke sterk simbolisme dra van familie en alles wat dit voorstaan, hoekom nie?



[1] Hierdie verklaring van die oorsprong van die heraldiek is eers onlangs vasgestel, en verskyn in The Oxford Guide to Heraldry deur Thomas Woodcock, Somerset-herout, en John Martin Robinson, extraordinre Maltravers-herout (Oxford: Oxford University Press, 1990).

[2] harpy: mitiese kreatuur, half aasvol, half vrou; in Duits Jungfrauenadler. Die vroulike kop is veronderstel om afskuwelik te wees, maar kunstenaars het al dikwels tot die verleiding ingegee om dit beeldskoon te maak. Dit is dikwels gekroon. Die gesig en naakte vroulike bors kan f van natuurlike velkleur wees, f dieselfde kleur wees as die vol se vere. Lees hier meer daaroor.

Phriomh Aralt na hirann / Hoof-herout van ire (wapen van die Nasionale Biblioteek van Ierland)

[3] Die amp van die Wapenkoning Ulster is sedert 1948 saamgevoeg met die Engelse amp Wapenkoning Norroy, en is wat Ierland betref hoofsaaklik verantwoordelik vir Noord-Ierland. Die Wapenkoning Norroy King of Arms, n beampte wat oor die algemeen na die belange van wapengeregtigdes in noord-Engeland kyk. In beide hoedanighede is hy ook verantwoordelik vir aansoeke van lede van families van Ierse herkoms (as Ulster) of Engelse (veral noord-Engelse) herkoms (as Norroy), uit watter wrelddeel ookal.

Ook sedert 1948 het ire (die Ierse Republiek) sy eie Chief Herald, of Phriomh Aralt na hirann, wat in Dublin sy kantoor het, voorheen in Dublin-kasteel, waar die wapenkoning Ulster vroer gebaseer is.

[4] Padres (die tilde of golwende strepie bokant die o, dui nasalisering aan) is die meervoudvorm van hierdie woord. Die enkelvoud is padro. Portugees het nie net n neiging om te nasaliseer nie, maar ook om s-klanke na sj-klanke te verander, sodat die finale klank in die meervoud sj is.

[5] Rouborde is n waardevolle bron van inligting aangaande heraldiese gebruik in die verlede, veral omdat dit gewoonlik huwelikswapens aantoon. Kyk hier vir meer daaroor.


Countergeocities archive

Terug na bo
For English, click here

  • n Vroere weergawe van hierdie artikel is (in Engels) gepubliseer in Arma, joernaal van die Heraldiese Genootskap van Suider-Afrika, in Herfs, 1999 (Vol 5 No 1). Vertaling deur die skrywer.

  • Erkenning: Tekenings van Drummond-wapens deur Don Pottinger; dit kom uit Simple Heraldry deur sir Iain Moncreiffe of Moncreiffe en Don Pottinger (Thomas Nelson and Sons). Wapens van Nuremberg en van Lausanne uit Heraldry of the World deur Carl Alexander von Volborth (Blandford). Wapen van Zrich van n Switserse possel (kleure aangepas met behulp van MS Picture It!). Wapen van die College of Arms vanaf n wapendiploma deur die kollege uitgereik. Wapen van koning Joo II uit Lions and Virgins deur C Pama (Human & Rousseau). Padro uit Postmarks of the Cape of Good Hope deur Robert Goldblatt (Reijger). Tekening van wapen van Oettel deur die Heraldische Gemeinschaft Westfalen voorsien. Mike Oettle se wapen deur Barrie Burr. Die meeste skanderings is deur Howard Lancaster.

    Terug na Armoria familia-indeks

    Terug na Armoria-indeks


    Opmerkings, navrae:

    1